Featured

A conglomerate of small efforts make a beautiful blanket

Hekel blokkies - Mickey

Amazing to think that this small tower of blocks will become a blanket very soon. A blanket of joined creations, made with love in spare moments of busy days. A conglomerate of small efforts that will have a beautiful impact, a gift of many givers.  I use this analogy because it speaks to the road we traveled in 2017. A road filled with crochet block moments were the contributions of our community made all the difference.

When we got married, in need of an income,  we quickly moved to the city. Louis and I are both used to small town life, me even more so because my pre-adult life was characterized by living out of town with open space. We grew up knowing and needing our neighbours. City life was different, compartmentalized and void of neighbours although and partially because we lived in fashionable neighbourhoods. We both deeply missed community, knowing your neighbours, being neighbours.

A sense of it was restored by joining a mega church but it proved superficial when we moved to a new neighbourhood. It is in this new neighbourhood that we started our homeschooling journey and gradually became part of a community. A community of people that share talents and gifts to help and prosper one another. We are not all like minded, we do not all go to the same congregation, nor do we all use the same curriculum provider and methods. Our community is a diverse group of strong minded people from all walks of life musicians, artists, academics, artisans, engineers, builders, shopkeepers, doctors, lawyers, teachers and more often than not entrepreneurs.

We car pool and we coach, umpire, tutor and provide opportunities of growth. Our children do art, drama, sport, music and choir, they bake, build, program and experiment, well beyond math and chemistry and physics. Our strength lies in the understanding that it takes a community to raise a child.

This community was our saving grace during 2017. They became the people that helped us keep keeping on. Our whole perspective of what is important changed this year. Our dreams and hopes changed. I do not think we will ever be the same. We had to learn a lot of new skills, we had to brave some very high waves as a family. Amidst it all we were fortunate enough to be part of a community that cared enough to walk this journey with us.  Involvement is key, we had to become involved in the lives of others for them to become involved with us. It is through caring and sharing that you become a community. Sometimes you have to be there for others and sometimes they have to be there for you.  I can now define community from personal experience as people from all walks of life who willingly choose to share their lives with others.

A CONGLOMERATE OF SMALL EFFORTS… community is not business as usual.

Advertisements
Featured

Hou moed!

Ons almal moet ons eie berge oor, daar is erge kanker, egskeidings, emigrasie, werkloosheid, siekte en dood. Gister tel ‘n pa sy babaseuntjie in die lug op, druk hom teen sy bors vas en sê: “Daar moet hoop wees as God nog babatjies gee.”

Die brandstof prys styg weer sterk en so staan ons gesin na 7 vanaand by Shell om tot barstens toe op te vul.  Die dampe van diesel en petrol meng om ons. Die petroljoggie is afgetrokke. Weg van my motorvenster af is hy in ‘n gesprek met die ander pertroljoggies betrokke. Hulle redekawel, hy is ongelukkig maar die ander is besig, haastig, met motors wat bly instroom. Ek sien hoe daar ‘n onderonsie is oor ‘n kaartmasjien en hoe hy ‘n ander een gaan haal. Hy loop weg met my kaarte en roep na die ander maar niemand gee gehoor. Kop skuddend kom trek hy my kaart deur die gleuf, loop weer weg en roep weer, bekla sy lot by ‘n mede petroljoggie wat darm hoor maar net skouers optrek en hom voort haas. Na my debietkaart is dit die promosiepunte kaart wat deur die gleug moet gaan. Hy vra omverskoning hy moet net die ander kaartmasjien in die hande kry vir hierdie kaart.

Die woorde HOU MOED kom in my gedagtes op, ek kyk na die merke op ons motor se voorruit, en dink, is dit ek wat moet moed hou, of hy, my ruit is nie eens soos gebruiklik skoongemaak nie. HOU MOED kom dit weer by my op. Hoe sê mens HOU MOED in engels wonder ek… Gaan ek hom die gebruiklike tip gee al is my venster vuil wonder ek? Dalk het hy dit juis vanaand meer nodig as gewoonlik? Daar is ‘n blink munt beskikbaar, ek haal dit uit, sit en wag.

Hy kom terug, die masjientjie spoeg die puntestrokie uit. Sy oë is dof. Hy gee die strokie saam met die kaart terug.

“Here you go, thank you.” sê ek met die aangee van die munt, en toe borrel dit net uit:

“HOU MOED!” sê ek vir hom.

“Verstaan jy my?” wonder ek hardop, effe desperaat.

“Ja ek doen” antwoord hy.

“HOU MOED!” borrel dit weer oor my lippe en in daai oomblik breek ‘n glimlag deur op sy gesig, dit is asof iemand die lig in sy oë aanskakel. Hy knik ons glimlag vir mekaar en ek ry weg en terwyl ek wegry bly sy glimlag en die lig in sy oë my by.

 

Renewal

When we were younger the first signs of autumn would be the tree next to my inlaw’s driveway in Heilbron. The rest of the garden would still be flowering and radiating of summer when this tree would turn yellow. Leaves would be falling until a still stark silhouette remained through out Winter.

It is the end of Winter in South Africa a magnificent old tree stands in the courtyard in front of the building where my son receives physics and chemistry tutoring.

Today a fervent August wind played and ripped through the old branches. An array of leaves and dust circled and swooped down on us. We had to flee inside. The sound of leaves and seeds raining on the zinc roof of the facility was mesmerizing. Dry rain in preparation of the new season… the old had to make way for new foliage.

This tree kept it’s foliage during winter only to release, seeds and browned leaves in the wake of Spring.

The onslaught was powerful, purposeful. A release was needed, preparing the way for the singular fortunate seeds that would find fertile ground and sufficient water.

 

Scrapyard sukses.

My pa was n eerste klas backyard mechanic. Sy liefde vir ou Mercedes Benz motors; sy lappie grond boerehart en Datsun bakkies het dit ook noodsaaklik gemaak.

In Witsieshoek is van my eerste herinneringe my pa wat gevleuelde woorde spreek van onder die mercedes, waar hy in die put werk. Ek het by my ma gaan klik. Sy het net droog opgemerk dat dit nie n plek vir dogtertjies is nie en dat ek hom nie moet pla nie.

Ons bakkie het n klakke-te-klak van n wielas wat algaande meer en meer onder ons voete vibreer het. Louis het geweet wat fout is, maar die onderdeleprys was al reeds ver te duur vir ons.

Hierdie week is die kalf egter in die put! Die vibrasie gee ons visioene van n wiel wat afval terwyl ons ry. Ou witte word onder die afdak ingetrek en manlief se hande en stokou T-hemp word vol gries.

Hy neem fotos, vra rond en n ou vriend kom kyk en gee raad: “Kry liewer die hele as. Om dit stukkie vir stukkie reg te maak is net nie moontlik sonder ‘n gespesialiseerde kompressie masjien nie.”

Manlief bel, ons oë rek ‘n nuwe onderdeel sonder arbeid is ver bo ons vuurmaakplek. Jy gaan die scrapyards moet bel, sê ek droog vir hom.

Daar beland ons toe in 13de Laan Gesina by Tony. Twee erwe is oorspoel met motoronderdele gered uit afgeskryfde motors. Dis nie n motorbegrafplaas nie. Dis n herbenuttingswerf met store vol deurmekaargeit waarvan die eienaar die waarde en orde ken. “Ja” sê hy, “ek weet so 80% wat waar is.”

Tony het dik swart portugese wenkbroue met n ruie bos deur mekaar gryshare, sy vel is bruin gebrand en sy vingers en voete in hul sandale is swart van gries en motorwerfvuil. Dit is egter sy oë wat ons waardeer. Ligverhelderde, vriendelike oë wat wat reguit kyk.

Die manne onderhandel oor die ou part en Tony gee Louis afslag op die “nuwer” een vir die oue wat hy weer vir iets anders kan gebruik.

Tuis sit Louis weer die hele gedoente aan mekaar. Dis nie n moeilike werk nie. Dis eintlik maklik. Ons gaan ry om te toets en daar is net geruislose vrede. Ons ry oor n knikkie in die pad… dit is steeds stil. Ek dink in my binnekant Pa sou vandag trots gewees het op Louis met sy grieshande en die scrapyard-besoek. Pa sou diep waardering gehad het vir die bakkie wat nou weer glad loop.

Die Jakarandas blom… daar is hoop

Bome is anders as gras, gras wag vir reën, maar terwyl die wêreld nog wintervaal en stowwerig is waai die boomsade wat hartnekkig aan takke vas geklou het tydens die bar koue seisoen nou deur die September lug met die hoop dat enkeles wel op vrugbare grond sal val. Daar het nog geen reën geval nie maar sagte groenknoppies stoot blare en bloeisels uit in onuitspreeklike hoop op nuwe lewe. Die Jasmyn in my agtertuin en die Jakaranda by ons tuinhekkie roep Lente eerste uit. Hoe diep hul wortels moet gaan om so voor die reën seisoen te kan bot en bloei kan ek nie sê nie, dit vul my egter met verwondering.

Etlike jare terug tydens ‘n heerlike kamp vakansie aan die suid-kus besoek ons ‘n koffieplaas. die gids verduidelik dat hul nou in hul derde jaar van droogte is maar ‘n rekord oes verwag omdat die koffieboonbome in desperaatheid meer bloeisels uitgestoot het as ooit van te vore. Dis ingeprogrameer sien, die vemoë om in die moeilikste van omstandighede alles in te sit met die hoop op lewe, selfs vir bome. Hy verduidelik ook dat hul die bome gaan verloor as dit nog ‘n jaar so droog is, hul het die einde van hul uithou bereik. Bloeisels sal in die volgende seisoen aansienlik minder wees.

Daarom bid ek vir reën, diep deurdringende reën, nie omdat ons dit verdien nie maar omdat reën die diepste toonbeeld van genade is. Ons in Suid Afrika het genade reën so nodig. Genade reën wat oor almal val ongeag geskiedenis of stand of taal want al stoot die Jakaranda persblomme uit sal die verwoestende ook op ‘n tyd so erg word dat diep grondwater wegraak en dit sal my hart breek as die hoop van bot en bloei voor die eerste reëns beskaamd moet staan.

 

Sunnyside-up

Ek kyk gister hoe my agtjarige met vreugde sy sunnyside-up eier op ‘n roostebroodjie eet. Onbewustelik maak hy sagte genoeglike kreun geluidjies. Mense maar dit is vir hom lekker. Pa se kind wat eier, planne maak en bou aan betref. Ja sy pa hou van sy eiers sunnyside-up, myne moet jy omdraai en versigtig gaar maak sodat die geel nog ‘n sagte kern het. Ek weet nie watter eier die meeste moeite is nie maar wat belangrik is, is dat ons almal wat al suksesvol eier kan gaarmaak moeite doen met mekaar se ontbyt. Groot moeite want elke lid van die gesin mag aandui hoe gaar hul eier moet wees.

Die kweek van ‘n kultuur waar ons moeite doen vir mekaar is seker een van die belangrikste aspekte van gesin wees. Dis ook waar dade praat van behoort en lief hê. Met verjaarsdae mag elkeen van ons ontbyt en aandete kies en tydens daardie ontbyt is ‘n eier gebraai, gebak, gekook, fransebraaibroodjie of omelet altyd tersprake. Mens kan seker met ‘n knippie sout sê eier is deel van ons gesin se liefdes taal.

Wanneer ‘n dag te druk was vir selfs die prutpot is eier genadekos. Soms word magies vol met ontbyt vir aandete en dis net so bederf soos wegneemetes want ontbyt in ons huis is ‘n vreugde. In die laaste jaar het die voorreg van seisoenale ontbytvrugte soos koejawels, perskes, papaja, druiwe, lemoene, naartjies en heerlike pomelos by gekom. Die knaap wat lief is vir sunnyside-up geniet hierdie vrugte met die selfde vreugde as sy pa wat dit vir ons skil of voorberei.

Eiers is nie duur nie, maar in ons huis is dit priceless wanneer dit met liefde gaar gemaak is!

Dis nag, daar is n see van liggies

In Pretoria sien 'n mens nie baie sterre nie maar kom jy oor menige bult saans sal die heuwels oortrek wees met liggies van duisende vensters uit duisende woonplekke. Kleintyd was Johannesburg en Pretoria se liggies vir my n wonderwerk, verwonderd sou ek deur die venster staar en wonder oor die inwoners. Eet hul aandete, gesels hulle, lag hulle, baklei iemand erens, is hulle ok.

Toe ons in 1997 Pretoria toe moes trek het alles in my daar teen geskop. My droom was n plattelandse lewe met my gesin weg van die geskarrel en geraas.

Kort na ons intrek is daar n bring en braai by Louis se werk en sy bestuurder heet ons skertsend welkom aan hierdie kant van die rookgordyn. Jy sien sê hy Johannesburg het baie besoedeling en veldbrande maar as jy n rokie in Pretoria sien kan jy maar weet iemand is erens besig om te braai.

So word een jaar in die Jakarandastad hierdie jaar 20jaar. Ons word lief vir Oktober maand se persblomme en al vyf ons seuns word hier gebore. Ons skrop nes, bou vriendskappe en word deel van 'n geloofsgemeenskap wat groter en sterker is as wat ons kon besef.

Mense word die antwoorde op probleme en gebede. Mense word geleenthede vir bou en groei. Die netwerk van ons bestaan in die see van liggies bring volhoubaarheid in moeilike omstandighede. Daar is deurbreek en genade, vergifnis en liefde. Vriendskappe groei verby kennis wees tot eerlik wees soms in rou en seer en soms in jubel vreugde.

So is ons huis se liggies ook nou deel van die see van liggies, liggies wat saak maak.