HINEINI

5 Februarie 2015

Ek sit in die wagkamer buite die Trauma ICU. Bordjies oral sê: “Silence Heals” maar die klank van elektroniese monitors en hospitaal trollies meng met stemme van die haastiges, almal oppad erens heen.

Sy skraal seunslyf is van sy fiets af gery. Hy het haar windskerm uitgeval. Haar motor het hom terug gekry met n wilde sny oor sy voorkop en baie kneusplekke

Ek is moeg maar nie kwaad nie want dit was n absolute ongeluk. Ek is dankbaar, so dankbaar hy leef, daar is nie n been in sy liggaam gebreek nie.

So in die stil sit en wag maak ek Lééf se Februarie uitgawe eerste agter oop. Soos n stoutkind wat poeding voor brekfis wil hê gaan soek ek Marzanne Leroux-van Der Boon se woordkuns op om saam met haar te hoor hoe Abba saggies fluister Hineini; hier is Ek…

Die dankbaarheid word soos n stroom, n rivier skoon, skoon water wat oor en in my spoel. ‘n Vloedgolf dankbaarheid vir die duif sagte lig in my seun se oë toe hy nou-nou van narkose wakker geword het. Vir sy vrede wat net ons Abba kan gee deur in ons nood te antwoord: Hier is Ek”
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s