Tuis

IMAG1108_1

 

Die skaapblad in die prutpot se knoffel en spesery geur vul die lug, aartappels groenboontjies en wortels moet nog by kom dalk pampoen of soetpatat. Erens speel n kleuter blokkies terwyl Emma koelema wil huis toe gaan. Vir n oomblik word die rus versteur n kind wat geïrreteerd uitroep: Moenie!.

Terwyl die herfsson lui deur die sagte deining van die kantgordyn loer besef ek, ek wil nog broodbak en poeding maak maar nog net vir n oomblik drink ek die tuis wees oomblikke in…

Dis ons plek van veiligheid, hawe teen die storms.  ‘n Oop deur waar ons kinders kan invlug wanneer die weer of mense dinge die wêreld n nare monster maak.

Dis ons laboratorium van leer waar lees, stry, knip, lag, plak en navors hoogty vier. Ons sing die ABC en sommer tafels ook. Ons stoei met somme en probeer spelling speel-speel leer terwyl seisoene bot en bloei en vrug dra en by tye… by tye is ons harte ook maar kaal gestroop soos wintersbome omdat alles nie altyd honkie dorie kan wees nie.

Ons bly dankbaar dat die stroop en snoeitye steeds belofte van groei  en warm trooskos soos hoenderpastei en melkkos inhou. Dit laat ons nader aan mekaar sit, weef ons harte saam hier in ons tuis wees plek waar drukkies welkom is en arms styf kan vashou. Hier waar die sagte fluistering “ek is lief vir jou” nie net lippe taal is nie.

Advertisements

One thought on “Tuis

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s