Lewe en dood

IMAG0842
Frankfurt 2015

Die lewe word soms gedefinieer deur die dood. In 2000 het ons oudste kind die dun lyn tussen lewe en dood geloop, baie prematuur het hy verbete aanhou lewe, sy lyfie het op ons handpalms gepas. Die dood het aan hom geskraap en geskuur maar kon nie die vlammetjie wat God hierdie Jedidjatjie  gegee het uitblus nie. (Jedidja- Beloved of God)

Oor die jare het daar ander Jedidja’s by gekom, ons het gebid en geglo… ons het van kindertjies afskeid geneem wat ons nooit rerig kon ontmoed of vas hou nie, saam met ouers en familie getreur en ook fees gevier wanneer lewe wel deur breek!

Dis in hierdie stryd tussen lewe en dood wat nie geskei kan word van die stryd tussen duisternis en lig wat God hom al meer kom definieër het as die God van lewe.

Ons het hierdie week weer ‘n dapper strydertjie gegroet wat amper twee jaar oud was asook ‘n kleinmense wat net 5minute asem kon teug. In Goddelike kontras vandag die heuglike nuus uit Benoni van klein Cassia Joy  wat gesond en vol lewe haar eerste asem teue gegee het en ‘n mamma en pappa met soveel vreugde gevul het.

Die jode wou ongeduldig by Jesus weet of Hy die koning was wat hulle van die Romeinse verdruking sou verlos? Of Hy gekom het om hulle fisiese problem en swaar kry te kom weg neem maar dit was soos Jesus in Johannes 18 vir Pilatus gesê het:

36”My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.” 37”Dan is jy tog wel ’n koning?” vra Pilatus. “Dit is soos u sê: Ek is ’n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.”

Wanneer ek dan elke kleinmensie voor Abba se voete neersit is dit met die wete dat die lewe wat Hy voor gekom het om te sterwe die Ewige Lewe is en dat daarin ‘n heuglke geheimenis lê wat ek geensins volkome met my verstand kan omsirkel nie.

Die begin punt van verstaan is daar by die kruis waar Hy sy asem vrywillig uit geblaas het. Waar sy woorde: “Dis Volbring” lewe tot in ewigheid ingelyf het vir elkeen van ons wat glo SODAT ons kon verstaan dat Hy die goeie Herder is wat Sy lewe afgelê het vir Sy skape dat hulle nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê.

Dus kan ons sê dat ons weet die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Maar Jesus het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê… EWIGE LEWE en dit gee ons Jer 29 HOOP

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.

Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Advertisements

4 thoughts on “Lewe en dood

  1. Pingback: Lam van God #1 Sprekers voor God – Belgian Ecclesia Brussel – Leuven

  2. Pingback: Vindt er een transfer plaats na de dood? | Bijbelvorser = Bible Researcher

  3. Pingback: Leven gedefinieerd door de dood | Bijbelvorser = Bible Researcher

  4. Pingback: Doopsel en bloedvergieten ter vergeving | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s