Shabbat – hoekom nie?

Hoekom rus ons op Saterdag? 

Hoekom swem ons so stroom op? 

Want dit is tyd met ons Here.

Want dit bring vir ons vreugde.

Want ons word diep verkwik.

Vanuit ons verstaan dat God ons lief het en alles ten goede laat mee werk vir hulle wat Hom lief het en dien  en volgens Sy wil geroep is verlang ons intens om in ons Hemelse Vader se wil te wees. Om tyd met Hom te spandeer en as gesin net saam te wees.

Ons het gevind dat in rus en stil wees by Abba ons ook beter met ons gesin kan kommunikeer, dat die daarop volgende week se eise ons lewensboot minder omstamp en ons vreugde hernu word. 

Sleutel is stil wees, rus, tyd in die Woord, ook kuier, lag, stap en speel.

Abba vra: Wees heilig want Ek is heilig 

Hy vra: Heilig die Shabbat

En my vraag is: Hoekom nie? Hoekom nie rus en tyd by Sy voete deurbring nie, hoekom nie?

Die week leer ek Psalm 92 is die Shabbats psalm, gaan soek dit op, hoe mooi is dit nie!

Die skrif gedeelte wat egter heel tyd by my opkom vir hierdie skrywe is Psalm 23 want dit is hoe Shabbat vir ons is.

Die Here is my herder.

1 ’n PSALM van Dawid.

Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

4Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

6Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

As jy wou weet hoe Abba ons oortuig het raai ek aan dat jy Hebreers 3 en 4 biddend gaan lees. Abba wil hê ons almal moet Sy rus ingaan.

Shabbat Shalom🙌🏻

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s