Berge maak mos so.


My eerste berg klim was tydens standerd 5 veldskool by Emily Hobhouse. Dit was daar  wat ek hierdie ding die eerste keer raak geloop het. Daai ding van  jy dink die steilte en  randjie voor jou  is die laaste klim en dan as jy bo kom lê daar nog n stuk berg voor. Ons het daai dag na die eerste steil klim blikkies kos ontbyt gehad. Baked Beans, Bully Beef en Soetmielies was nog nooit weer so lekker nie.

Ek onthou die jonk wees, lag en die berg wat bo ons uittroon terwyl ons eet en meneer wat later aan jaag want daar lê nog n stywe klim voor.

Daar was daarna ander klimme en berge en randjies, die mooiste verseker die plato bo-op Thaba Nchu in die Vrystaat. Kort nadat ons begin stap het, het ek oor n koper kapel geloop. Die uitgegroeide geelslang het genadiglik gekies om te vlug. My randjies klim die volgende 2 dae was om die steilte van die vrees gebore in die sis waarskuwing van die slang te oor kom. Genade was 4 geduldige ( uiters beproefde) stap maats.

Bo op die berg was n goue plato van wuivende gras, in die blou lug het valke gesweef en neer geswiep na hul prooi. Dit was fantasies on weg van alles te sit en kyk hoe die natuur leef. Vandag besef ek slange en valke eet dieselfde kos, valke vang ook slange… “jy sal op slange en skerpioene trap  en niks oorkom nie”

Maar die berg waaroor ek eindlik wil gesels is Tafelberg waar ons jong gesin saam die oppe en affe van n berg beleef het. Die oomblik wat seker die meeste saak gemaak het was toe ons vir ons 5jarige skuiling teen die son gesoek het, hy het genoeg gehad en wou net weer af gaan na ons motor toe. Traan strepe was oor sy rooi wangetjies waar hy met sy krullekop teen n rots geleun het. Nie n verdere steilte nie, hy weier, nie nog n tree op nie, net af dankie.

In daai moeilike oomblik sonder deurbreek oorreding het n mede stapper van bo af gekom. “Was jul al bo” wou hy weet. Ons het woordeloos nee geantwoord. “Dis net om die draai!” het hy uitgeroep. “Moenie hier sit nie, dis soveel mooier daar bo! Julle het dit gemaak!” Daar was waarlik net n kort steiltetjie oor, tussen twee rotse deur het ons deur gebreek na die uitsig van see, hawe en kaapland bo van Tafelberg af.

Die oorwinning in my 5jarige se gees dra hy vandag nog saam want op n punt maak die berg NIE meer so NIE en is daar die vreugde van bo.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s