Verandering – nie altyd so goed soos ‘n vakansie nie

Soveel het verander in die laaste ses maande. As ek terug kyk raak my keel dik van die trane van verandering wat nie behoorlik gestort is nie. Die brûe oor die lewe se knikke en knakke was moeiliker om te bou dié jaar en dit was nie net vir ons gesin so nie, baie ander om ons het ook klippe gekou.

Die hartseer en die blydskap van ‘n tydperk met briljante lig en diep donker swaar kan selde in woorde verwerklik word. Ek moet erken ek was van mening dat die wegsnoei proses van status en “living like the Jones” reeds sy gang gegaan het tot daar weer met mening in ons lewens gesnoei is.

Alles verloop nie altyd soos mens dit beplan nie en wat laasjaar droom lekker was, was die jaar met duwweltjies besaai. Tog met die terugkyk wil ek uitroep in gróót letters:

ONS HET GEGROEI!

ONS IS FIKSER!

ONS IS STERKER!

ONS HOOP IS HERSTEL!

Ons weet meer waar ons grense lê en waar God se oneindige genade begin.

In kontras met Januarie 2016 se droë ink lê die skoolboeke in hope gereed vir volgende jaar. Daar is fisika, chemie, biologie, geskiedenis, aardrykskunde en baie om te lees. Ons het ‘n nuwe printer gekry wat goedkoop ink het om mee te print en te print en te print.

Daar was wagtye die jaar wat my by tye mure wou uitdryf omdat obstruksies net nie wou skuif nie. Ek moes leer hoe om midde die storm die kalmte te gaan soek van Hom wat die storm gebied. Ek moes wyer en meer leer van ‘n God wat waarlik beskerm en dat drome soos die wat Daniel en Josef gehad het vandag nog kan en sal uitspeel.

Ons almal moes leer om soos tannie Joyce Meyers verduidelik die slagveld van gedagtes in ons koppe te hanteer. Ek staan na die jaar uiters lugtig vir lukrake aannames oor wat ‘n persoon se gedrag of woorde werklik kan beteken, kry myself soms selfs driftig opsoek na die waarheid om die verdraaiing wat verhoudinge so verwoes tee te staan. Ek is hartseer oor mense wat ek weer ‘n kans gegee het wat toe net met die selfde eiegeregtigheid weer oor my oop hart kom loop het met hul eie agendas. Ver verby dit staan ek intens verheug oor iedereen wat weer in my lewe ingeweef is en die genade vreugde wat hul vriendskap en betrokkenheid in ons gesin se lewens bring.

Hierdie jaar was by uitstek ‘n mens raak leef jaar. Hoe meer mens mense raak leef hoe meer emosionele intelligensie is nodig. Daar is baie foute gemaak en moeilike situasies was deel van ons kurrikulum. In so kurrikulum is die uitdaging om ok te wees met jou self seker die grootste.

‘n Wyse persoon het gesê dat ‘n ouer wat sy kind die pad wil wys, darem soms ook daai pad moet stap… Ek het ‘n pad van harde fisiese werk begin stap en my seuns het langs my ingeval. Dit is my grootste vreugde as ek terug kyk oor wat verby is. Die groei en keuses wat hul die laaste paar weke begin maak het is hartklop mooi. Hulle dink vooruit, beplan, onderhandel en kla nie meer nie want ek klim saam met hulle in. Ver verby boeke kan geen een die realiteit les van harde entrepreneuriese werk en die vrug van dienslewering wat gelukkige en tevrede kliënte tot gevolg het by hul steel nie.

Louis gaan hul nou leer houtwerk doen, dit gaan ons huis baat, ons kry binnekort ‘n nuwe familie voertuig en na hierdie terugkyk gaan ek nou weer voluit vorentoe kyk. Wat more inhou weet ek nie maar ek weet ons kyk vorentoe en ons bou Nehemia se muur, in die een hand die troffel en in die ander die swaard soos Beth dit jare tevore in Moreleta se gebedskamer gesien het.

Want soms is verandering harde werk…

change

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

2 thoughts on “Verandering – nie altyd so goed soos ‘n vakansie nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s