‘n Hartsroep

Die wasigheid van namiddag somerreën hok ons in maar beperk nie die interne gewoel en werskaf in ons kombuis wat die oue vernuwe en blinkvryf soos ‘n nuwe sikspens nie. Buite drup die water van geut en pers bougainvillea, dit dans ‘n simfonie op teer en sement. Verskillende dinge maak knop inni keel… mooi, mooier mooiste is die nattigheid wat ek nie werklik met ‘n foto kan vaspen nie.

Ek wonder oor die binne huilvreugde wat oopblom as dit reën, diep kontras van dankbaarheid en melankolie. Dis so asof my selle soos die klippe dit uitroep in ‘n oeroue lied dat ‘n wonderwerk gebeur en daarmee saam erken dat ek die staanhorlosie van my lewe vir ‘n oomblik stil wil laat staan tot my hele wese sopnat is van die Here se genade.

Tog is daar geen rus in tyd en die reën sal ook verby gaan. Maan en sterre, see en kontinente, donder en reën in wentelroetes van onvertaanbare strakheid en diep genade bly hul weg baan. ‘n Onweerlegbare getuienis van ‘n Algenoegsame wat ewig bestaan.

 

 

Advertisements

One thought on “‘n Hartsroep

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s