Moenie

Moenie is ‘n woord wat moeiteloos oor my lippe rol. Met 5 seuns is daar voordurend moenies en dan die onvermydelike, ek het jou dan gewaarsku. Waarom ‘n kind juis gaan doen dit waarteen mens hom uitdruklik waarsku kan mens as onverstaanbaar afskryf. Tog wonder ek oor die ingeboude weerstand en opstand teen moenie.

Is dit dalk veral by ‘n seun se dna ingebou om die moenie van ‘n ma te weerstaan juis omdat lesse wat brand en pyn en breek makliker keerpunte en breinpaaie maak. Kan ek veronderstel dat leer deur adrenalien deurdrenkde foute duursame waarhede permanent vaslê?  As dit van hulle pa afhang is die hipotese waar. Hy getuig self daarvan dat sy vermoë om stukkende goed heeltemaak spruit uit sy kinderdae avonture van  grense toets en speel wat hom gereeld voor ‘n keuse van maak reg wat jy gebreek het of jy kry ‘n afgedankste loesing gebring het.

So is dit dan dat die oudste karnalies in hierdie huis al self ‘n nuwe ruit kan insit en goed vaardig is met skroewedraaiers, hammers, spykers en selotape.  Hulle weet waar en hoe om van die dak af te spring en kan gloeilampe en muurproppe vervang. Hulle weet dat tandepaste help om gekrapde dvds en cds weer speelbaar te poets en as niks anders werk gaan pluk jy vir ma ‘n roos in die tuin.

Dalk net dalk dink ek nou moet ek my moenie grense aspris begin begin span sodat ek hul alles kan leer wat ek kan…

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s