Bruinoog genade.

Ek het baie gedink die laaste tyd, oor soveel dinge. Gróót goed, klein jakkalsies en die wonderbaarlike alledaagse wat soms die meeste waarde het.

Ons het n hond, haar naam is Sasha, ek nooit geweet dat honde hiperaktief kan wees nie… Sasha is, en net soos by hiperaktiewe mense is daar n ruimskootse toedeling van intelligensie gewees toe sy geskape is.

Sasha maak my vies, sy maak my hartseer, sy maak my bly om by die huis te kom en ja ek het al deurnag vir haar veiligheid gebid want sy hou daarvan om uit te glip. Genade is dat daar wonderlike mense in ons buurt is en Sasha help ons geduldig om hul een vir een te ontmoet.

Pure hond  sal sy vir sekere mense grom en het sy ook al die apteek se motorfietsbode ingehardloop en amper aan sy boud gegryp. Hy moes behoorlik  holrug met die wegjaag slag. Ek het níé geweet ‘n Labrador kan so vinnig hardloop nie!

Aan die anderkant kén sy n barmhartige samaritaan n myl ver uit en dink nie twee keer om in n kar in te klim of n erf binne te gaan as n bekommerde hondeliefhebber haar innooi nie.

Soos al die ander Serfonteins is Sasha lief vir sjokelade veral sjokeladekoek. Sy het dan ook al meer as een keer so ver gaan om n louwarm sjokeladekoek in die pan uit te dra en op te vreet. Ons moes die panne weggooi!

Verstaan my mooi ek het en sal nooit vir haar koek of sjokelade aanbied nie maar sy sal soos n stout kind met n blikkie konsensmelk n halwe kans gebruik en dan skoon siek wees daarna.

Punt is Sasha is ons hond, al sewe van ons en meer nog my twee jongstes sin wat my opstaantyd ‘n drukkie sal kom gee en dan klokslag vir Sasha gaan soek om haar ook môre te sê.

As die klein jakalsies dan kop uitsteek… sy die tuinslang opvreet of n tupperbak uit die kombuis wegdra om te kou… herinner ek my maar aan kinderarmpies om haar nek terwyl hul haar druk. Die blink in hul oë en haar vreugde in hul liefde al stertswaaiend.

Perspektief: Sasha met haar sagte bruin oë het ons wakker geblaf toe die garage oop gebreek is n ruk terug. Ons het haar gekies omdat sy nuuskierig en lewendig is en sy raak rustiger met die jare saam.

Sasha het gegroei op ons, die ouer lede van die gesin het haar net so lief soos die jongstes. Daar is net dae wat ek wens sy sien my ook as Alpha😉

Sy is deel van ons alle daagse, nog n takie op die huisdoengoedlys, wat elke dag moet gebeur.

Sy is een van ons beste alledaagse genades!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s