Vandag is EENDAG

Eendag as my skip kom…

Daar is in elkeen van ons se lewens soveel wat ons droom en bedink. Dinge wat ons wil doen en kanse wat ons wil vat. Tog bly hierdie geleenthede meermale onbenut. Die waaksame weeg en toets voor ons waag weerhou gereeld die briljante en die nuwe.

Daar is dit dan die impulsiewe se voorreg om keer op keer te val en op te staan terwyl meeste van ons ander toekyk en lewe en geleenthede verby gaan.

‘n Rukkie terug bevind ek my by ‘n plek waar alles opgeweeg word, alle sekerheid het soos mis voor die son verdwyn. In hierdie uiters onseker omstandighede word daar weer verby vandag se horison in lugkastele verby die einders van die fisiese ingeloer.

Die woorde wat op eendag volg slaan teen die vier mure van realiteite vas. Ek besef hoeveel keer ons al “eendag” gesê het. Hoeveel eendae is al verby…  en my stem roep uit:

Vandag is EENDAG!

Vir ‘n oomblik skrik ek my stil en sê dan weer: Vandag is eendag, vandag is EENDAG!

Die besef kom in my binneste lê, as vandag nie eendag is nie gaan eendag nooit gebeur nie.

Ek moet vandag daardie eendag maak waarmee en waarin ek begin om die dinge in my hart te doen.

Hoeveel eendae het al soos sandkorrels deur die uurglas van jou lewe geloop. Hoeveel keer het ons daardie uurglas al omgedraai net om weer met ons eendag hoop en drome gekonfronteer te word terwyl ons eendag sien uitloop.

Maak vandag EENDAG.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s