My sakkie sout… getuienis

salt

Tydens ‘n gebedsessie laas jaar deel ons geestelike leier dat daar onder die kinders van Abraham ‘n sout tradisie is tydens huwelike. Die bruid en bruidegom sal albei hul eie sout in ‘n gesamentlike sakkie gooi en dan sal die priester dit skud met die woorde: “Wanneer jy al jou sout korrels tussen jou maat sin kan uithaal mag julle skei.”

Ons het daai aand elkeen ons eie hopie sout by “Jesus sin ingegooi” Profeties om te verstaan hoe ons deel word van hom as Sy bruid. Om te verstaan hoe op dees aarde haal ek my korrels weer uit hierdie bakkie! In die oomblik wat ek my sout ingegooi het, het daar vir my ‘n openbaring oopgemaak oor bruid van Christus wees.

Die skrifgedeelte in Romeine praat so mooi oor ons een wees..

Romeine. 12:5 “so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.”

Daar waar ek was het ek duidelik ‘n beeld gehad van ‘n mede bidder wat op leiersvlak saam met my beweeg se groot toon reg langs my voet en ek het sag in my gees gehoor: “Moet asseblief nie op haar toon trap nie”

In daai oomblik was ek vervul met verwondering vir ons Abba Vader se liefde vir hierdie persoon en nog meer verwonderd in die besef haar sout is gemeng met my sout in”Jesus” se sout. Ek het besef ek weet nie waar haar sout begin en waar myne eindig nie. In my opkyk het ek besef elke person wat hier saam met my sit is een met Chrsitus, soos ek een met Hom is en hoe diep diep diep sy genade vir ons elkeen is, hoe diep Hy wil hê ons genade vir mekaar moet wees. Want in Christus word ons met bekering een, ongeag kleur, ras, taal, denominasie of sonde.

Ons Jesus het nie gekom vir die wat gesond is nie maar vir hulle wat siek is, verwerp is, verlore is en daar is nie perke aan Sy genade en herstel nie. Dit is waarom ek gered is… genade onbeskryflik groot!  En dit is waarom daar hoop is vir die wat steeds verlore is. My menswees verstand selfs my gees kan nie die omvang van daai genade om muur of selfs effektief definieer nie, maar ek jubel want ek weet mens spel dit LIEFDE!