Die gebedsbroodjie

challah

Ons bak weekliks twee heerlike Challah broodjie wat ons gebruik tydens nagmaal om ons rusdag in te wei. Soms bak ek die broodjies en soms bak Louis dit maar deesdae is dit nogal gereeld Christiaan wat dit wil doen. Sy eerste broodjies was heerlik en toe nou onlangs loop alles skeef. Die broodjies wil nie rys nie of die konveksie oondjie waar in ons dit laat rys word per ongeluk op mikrogolf gestel wat mens binne minute met n rokende klipharde kluit deeg laat.

Toe die bakkery wéér skeef loop en my kind verslae voor my staan besef ek iets en deel toe so my grootste kosmaak geheim met my seuns. Weet jul dat mamma altyd bid as mamma kosmaak of bak? Ek vertrou die Here om my te wys as ek nog n eier of bietjie meer meel of suiker moet byvoeg. Ek vertrou Hom oor hoeveel kerriepoeier om in te gooi en om te weet hoeveel sout moet ek insit as ek ‘n resep verdubbel. As ek hierdie broodjie bak, bid ek dat die Here dit sal seën, dat lekker sal wees en mooi sal rys en dat ek dit betyds uit die oond sal haal… laasgenoemde bid ek vir alle gebak want ek raak gereeld erens anders besig en hoor nie altyd die klokkie lui nie.

Die resultaat is toe herhaaldelik lieflike bros bruin broodkorsies met die heerlike sagte binnekant wat so bekend is aan hierdie gewilde eierbroodjies. Alles verloop klopdisselboom tot gisteraand…

Die broodjie wil nie rys nie, die water vir die suurdeeg was mooi lou, die deeg se tekstuur is reg, die oondjie se hitte op 40°C maar na 30minute het die deeg nog glad nie gerys nie. Hy het gebid sê hy teleursgestel. Sit dit vir nog 30minute in self Louis voor. ‘n Halfuur later het die deeg steeds nie gerys nie. Nou is almal teleurgesteld. Dis klam en winterkoud  in Gauteng en ons almal het uitgesien na die warm brood uit die oond. Christiaan sit die bak met deeg op die toonbank en kom staan by ons in die sitkamer. Ons begin beraadslaag oor die deeg, bak is nie die moeite werd nie want sulke ongerysde deeg se oond einde is  gewoonlik ‘n wurg droë onsmaaklikheid. Dalk kan die kinders dit maar vir klei gebruik stel ek voor waar ek onder die warmte van ‘n amper klaar gehekelde kombers besig is om die finale steke te doen. Die plan kry nogal aftrek. Louis hou nie van mors nie, dalk kan ons nog suurdeeg aanmaak en dit inwerk, dis darm die probeer werd? Ons verduidelik vir Christiaan hoe om die suurdeeg te aktiveer en hy gaan spring aan die werk, die volgende oomblik is hy terug in die sitkamer. “Pappa die deeg het gerys!”

“Dis onmoontlik! Dit staan buite in die koue kombuis is my eerste reaksie” Maar die bak gerysde deeg is die oorvloedige bewys van ‘n klein wonderwerk in ons kombuis. Die Here het die broodjie waarvoor gebid is se deeg in die mees ongunstigde omstandighede laat rys!

Wat is vir God onmoontlik? Niks nie!

Hierdie week in my stilte tyd lees ek oor Petrus geboei en bewaak deur twee wagte weerskante van hom wat deur die engel uit die tronk bevry word. Jakobus is reeds deur Herodus dood gemaak met ‘n swaard en toe hy sien dat dit die Jode geval het hy sy tyd mooi gekies. Dit is paasfees met massas mense in Jerusalem, ‘n goeie tyd om  vir Petrus ook tereg te stel. in die gemeente van God het daar voortdurende gebed vir Petrus opgegaan. Skielik was daar ‘n engel van God by hom en ‘n lig skyn in die gevangenis, die engel slaan Petrus op die sy en en beveel hom om op te staan, die boeie val van Petrus af. Die engel beveel hom, omgord jou en trek jou skoene en bo kleed aan en Petrus wat meen dat hy ‘n gesig sien volg die engel uit die tronk ook uit ook verby die wagte wat buite wagstaan. Die ysterpoort van die stad het vanself vir hulle oopgegaan. Toe hy by Maria se huis aankom waar baie in gebed by mekaar is, is die diensmeisie by die deur so opgewonde dat sy vergeet om hom in te laat. Sy hardloop en gaan vertel dat Petrus voor die poort staan. Die bidders se reaksie… “Jy is van jou verstand af!” (Handelinge 12)

Petrus het egter aanhou klop tot hul met verbasing vir hom oop gemaak het.

Hoe gereeld bid ons en mis die wonderwerk omdat dit buite ons verwagtings raam werk lê?

Is anything impossible for YHVH?

Jeremiah 32:27 I am the Lord, the God of all mankind. Is anything too hard for me?

Matthew 19:26 Jesus looked at them and said, “With man this is impossible, but with God all things are possible”

 

Waking

It is in the quiet early hours that my soul finds the most joy, when the gentle waking dew of His presence lingers. At times I wish I could stay in this state of pleasant meditation and absorption of His Word for ever. Yet as the sun rises the rousing sounds of duty and life becomes magnified, life starts happening and I am reminded that waking into this day does not mean my beloved Immanuel walks away… No the Savioir of my soul is with me every step of the way!

Psalm 139

◄ Psalm 139 ►

English Standard Version

Search Me, O God, and Know My Heart


To the choirmaster. A Psalm of David.


1O LORD, you have searched me and known me!

2You know when I sit down and when I rise up;

you discern my thoughts from afar.

3You search out my path and my lying down

and are acquainted with all my ways.

4Even before a word is on my tongue,

behold, O LORD, you know it altogether.

5You hem me in, behind and before,

and lay your hand upon me.

6Such knowledge is too wonderful for me;

it is high; I cannot attain it.


7Where shall I go from your Spirit?

Or where shall I flee from your presence?

8If I ascend to heaven, you are there!

If I make my bed in Sheol, you are there!

9If I take the wings of the morning

and dwell in the uttermost parts of the sea,

10even there your hand shall lead me,

and your right hand shall hold me.

11If I say, “Surely the darkness shall cover me,

and the light about me be night,”

12even the darkness is not dark to you;

the night is bright as the day,

for darkness is as light with you.


13For you formed my inward parts;

you knitted me together in my mother’s womb.

14I praise you, for I am fearfully and wonderfully made.a

Wonderful are your works;

my soul knows it very well.

15My frame was not hidden from you,

when I was being made in secret,

intricately woven in the depths of the earth.

16Your eyes saw my unformed substance;

in your book were written, every one of them,

the days that were formed for me,

when as yet there was none of them.


17How precious to me are your thoughts, O God!

How vast is the sum of them!

18If I would count them, they are more than the sand.

I awake, and I am still with you.


19Oh that you would slay the wicked, O God!

O men of blood, depart from me!

20They speak against you with malicious intent;

your enemies take your name in vain.b

21Do I not hate those who hate you, O LORD?

And do I not loathe those who rise up against you?

22I hate them with complete hatred;

I count them my enemies.


23Search me, O God, and know my heart!

Try me and know my thoughts!c

24And see if there be any grievous way in me,

and lead me in the way everlasting

Herfsblare

Pretoria is bekend vir pers Jakarandablomme wat die stad tydens Oktobermaand se eksamen tyd met n sagte heuning geur vul. Mooier egter in my eie oë is die verbronsde koper blare van hierdie stad se eikebome in die herfs.

Dit vorm n sagte tapyt wat die kilheid van die koue wat kom verbloem en my hart met matelose soet ouwêreldse melankolie vul.

Mei is vir my ‘n herinnerings maand. Slagtyd; my ma se lekker vars voorbereide lewer en niertjies vir middagete en karmenaatjie vir die sendelingvrou wat kom help vleis verwerk. Buite in die agtertuin van die vierkantige roes-rooi klinkersteen huis op Witsieshoek staan ‘n massiewe  3poot pot waarin die belofte van boerseep borrel. Maatjies met deur mekaar hare, tuisgemaakde truie en corderoi broeke speel in tuine waar die gras reeds vaal geel is en Afrikanertjies en Kappertjies om die beurt fees vier.

Miskien kan ek hierdie herinnerings so verromantiseer omdat die tyd in Witsieshoek my ouers se huwelik se voorjare was en my pa se duitse blou oë nog met hoop geblink het. In my hart glo ek dis meer omdat die onskuld en vrede van begin in daardie tyd se herfsblare vas gevang lê. Die tyd voor die lewe gebeur het en foute, gebeurtenisse en die onomkeerbare onbeheerbare die Kappertjies en Afrikanertjies flinters probeer trap het.

Deur diep genade  kan ek vandag terug kyk en glimlag, die mooi en koestering onthou. My selfs diep ingrou in hierdie stuk verlede wat waarde kom gee aan my hede terwyl die eikeboom blare nes maak op die sypaadjies van Pretoria en ek aanstap met hoop.